Pearson'
Troue
29 September 2022
Diseri
Soné
Diseri & Sone het een geword!
Hulle het ontmoet op n koelerige herfs oggend, Diseri het op die motorfiets event gery wat Sone op ge-medic het, sy het die oggend bitter vroeg opgedaag en Diseri het vir haar die agter hek gaan oopmaak, sy eerste woorde aan haar was "Jus maar jy bestuur kak". Siek en omgekrap, wip sy haar bas vir die windgat laaitie met sy parmantige eerste woorde aan haar.
Diseri het in sy baie netjiese kerk klere en sports kar vir Sone by haar huis gaan optel, terwyl haar ma buite gestaan het en tuin nat maak, Sone het aan gewals gekom in haar oulike hoee hakskoene en Diseri met sy kortgat lyf en sy onmisbare senuwe-agtigheid, waar hy gat oor kop verlief geraak het by Kota Joes roadhouse.
Met Diseri wat Sone se pa gevra het met so n halwe senuweagtige hakkel in sy stem .. Diseri se ma wat haarself nie meer kan inhou nie en 'n meisie wat lankal snif in die neus gekry het .. gaan Diseri (die senuweewrak) op sy knee voor die mooiste en kosbaarste vrou wat hy al ooit gewaak het om haar te vra om sy lewenslange siels maat te wees..
Met ouers en familie op hul senuwees en die trou paartjie wat heeltemal te rustig is vir n troue wat om die draai le... almal is super opgewonde om die swart skaap van die familie en die pragtige prinses te sien trou. Hy is die gelukkigste bliksem onder die son!






























